Dankie dat jy my webwerf besoek. Dit is vir my heerlik om met al my ondersteuners kontak te maak en julle op hoogte te hou van my musiekloopbaan en konserte.

Biografie

Henry van Dyk het op die platteland in die Noordwes provinsie grootgeword en het van kleins af ‘n baie spesiale liefde vir musiek gehad. Hy het dan ook op ‘n jeugdige ouderdom reeds betrokke geraak in die musiekwêreld…

In 2002 was Henry die algehele wenner vir volwassenes van die Beeld Eisteddfod (afdeling ligte musiek) en in 2005 was hy die algehele wenner vir volwassenes in die Eisteddfod se klassieke afdeling. Hy is in 2004 gekies om aan die semifinaal van die ATKV se Crescendo musiekkompetisie deel te neem en is genomineer om Suid-Afrika in 2005 in Los Angeles te verteenwoordig as lid van die Championship of Performing Arts span. In 2008 het Henry sy First Concert Certificate in sang, soos aangebied deur die Trinity College London, met ‘n algehele punt van 93% geslaag. In 2010 het Henry sy opera-debuut gemaak in Verdi se opera La Traviata met Johan Spies as regisseur.

Henry is ook ‘n liedjieskrywer en speel klavier, kitaar en kerkorrel en as daar tyd is, is hy ook nog deeltydse orrelis by verskeie kerke in die Pretoria-omgewing.

Hy het ‘n passie vir die lewe en hy glo dat die liefde die spil is waarom alles draai. Dit is die inspirasie agter die meeste van sy liedere. Henry se uniekheid word vasgevang in sy nuwe album, “Sommer So”, en mens word meegevoer deur die klanke. Dit neem jou op ‘n reis wat jou weer laat fokus op die belangrike aspekte van die lewe.



Addisionele Interessante Inligting oor Henry van Dyk


Henry van Dyk Musiek Biografie



Nuutste Musiek


Om die video oor jou hele skerm te sien, kies die "volskerm" / volskerm instelling heel regs. Klik eers op die video om te begin dan sal dit verskyn.


My nuutste album getiteld “Sommer So” is onlangs uitgereik en ek is baie opgewonde om dit met julle te kan deel. Vier van die liedjies op die album het ek self geskryf en Johan Oberholzer en Arri Opperman, twee van Suid-Afrika se voorste liedjieskrywers, het ook help skryf aan die album.

Daar is ‘n paar liedjies, op die album "Sommer So", wat julle heel moontlik sal herken soos “The Story” oorspronklik gesing deur Brandi Carlile en ‘n moderne weergawe van die “Ons Vader”. Die bekende “In a moment like this” sing ek saam met die wenner van 2012 se Voice of Russia “Dina Garipova” in Russies, Afrikaans en Engels.

As julle graag die album wil bestel kan julle gerus my bestuurder, Lizette van der Walt, kontak by 083 272 5245 of lvdw@global.co.za. Ons sal reël dat die album aan jou gepos of by jou afgelewer word.

Meer

Nuus & Optredes vir die res van 2016

Donderdag 24 November: ULP House, Midrand 1000 Women 1 Voice Initiative, Kontak Tina Thiart (021) 782 8816

Saterdag 3 Desember 17:00 La Provence D'Afrique, Magaliesburg Kontak Lizette 083 272 5245

Sondag 4 Desember: NG Kerk Roedtan Aand funksie, Kontak Stefanie 082 7062 405

Saterdag 10 Desember: NG Kerk Vierfontein Aand funksie, Kontak Stefanie 082 7062 405

Dinsdag 13 Desember: Pretoria Jakaranda Kinderhuis Liggiefees Aand funksie, Kontak Christo 083 511 5238

Maandag 19 Desember: Pretoria, Carols by Candlelight - Jakaranda Kinderhuis, Aand funksie, Kontak Christo 083 511 5238

Sondag 25 Desember 12:30 Misty Hills Country Hotel, Muldersdrift Kontak Sonja Muller 011 950 6210

Bly op hoogte deur sosiale media
Henry van Dyk Musiek op Facebook Henry van Dyk musiek tweet

Volgende

Fotos van Henry van Dyk

So paar foto’s van hoogtepunte uit my musiekloopbaan. Kliek gerus op die foto’s vir ‘n vergrote weergawe.

Kontak

As julle met my wil kontak maak, my bespreek vir ‘n optrede of dalk my nuwe album, Sommer So, wil bestel, skakel gerus my bestuurder Lizette van der Walt. Julle kan ook die aanlyn vorm invul en dit vir ons elektronies stuur. Wees verseker dat ons julle so gou as moontlik sal antwoord.

Vir besprekings of navrae kontak Lizette van der Walt, +27 83 272 5245 of lvdw@global.co.za

Vir media navrae kontak WS Marketing, Wian Smith, +27 12 807 4827 of wian@wiansmith.co.za


Aanlyn-vorm